Die prosesse wat gebruik word om onroerende eiendom van verkoper na koper in Suid-Afrika oor te dra, is verouderd en nie outomaties nie. Dokumente in papierformaat verhoog die risiko vir bedrog en wanvoorstellings. Hierdie artikel oorweeg die implementering van 'n wolkgebaseerde, gesentraliseerde databasis met eiendomsaanvoerkettingvennote, om deursigtigheid, omkeertyd en sekuriteit te verbeter, terwyl die risiko en koste geminimaliseer word. Die digitalisering van eiendomsprosesse sou lei tot die dematerialisering van die titelbewys, en nie bloot outomatisering van die papiergebaseerde stelsel nie. Die kwalitatiewe navorsing was verkennend, en halfgestruktureerde onderhoude is gevoer met rolspelers betrokke by eiendomsoordragte in Suid-Afrika. Dit het die Suid-Afrikaanse Reserwebank, die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, die Prokureursorde van Suid-Afrika, verbandopstellers, Die Bankvereniging, die Departement van Binnelandse Sake, die registrateur van die aktekantoor, die landmeter-generaal, munisipaliteite, sagtewaremaatskappye, die Nasionale Tesourie, Suid-Afrika se Sentrale Sekuriteitebewaarplek, sowel as die Tshwane Munisipaliteit se Raad, ingesluit.
The processes used to transfer immovable property from a seller to a buyer in South Africa are outdated and not digitised. Paper-based documents increase the risk of fraud and misrepresentation. This study considered the implementation of a cloud-based centralised database for property supply chain partners to enhance transparency, turnaround times, and security while minimising risks and costs. Digitalised property processes would result in title deeds' dematerialisation and not merely the automation of the paper-based system. This qualitative study was exploratory, and semi-structured interviews were conducted with role-players involved with property transfers in South Africa. These included the South African Reserve Bank, the Department of Agriculture, Land Reform and Rural Development, the Law Society of South Africa, mortgage originators, The Banking Association, the Department of Home Affairs, the Registrar of each Deeds Office, the Surveyor General's office, municipalities, software companies, National Treasury, South Africa's Central Securities Depository (Strate Ltd), and the Tshwane Mettropolitan Municipal Council.